Friday 16 March 2012

Boere Kultuur-Historiese Erfenis: Voortrekker Monument

Boere Afrikana : Kultuur-Historiese Erfenis en Gedenkwaardighede van die
Boere van Suid Afrika

MEDIAVERKLARING                          VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
VERKLARING AS NASIONALE ERFENISTERREIN
Pretoria, 29 Februarie 2012. Die onlangse aankondiging deur die Minister van Kuns en Kultuur dat die Voortrekkermonument Nasionale Erfenisterrein (Graad 1 –status) gaan kry, is ‘n proses waarmee die Monument al jare besig is. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA), het volgens Wet 25 van 1999, op Vrydag, 8 Julie 2011 reeds in die Staatskoerant aangekondig dat die Monument as ‘n Nasionale Erfenisterrein verklaar is. Die oorsponklike aansoek is op 18 Julie 2006 deur die VTM ingedien.
Een van die moontlike voordele wat die verklaring tot Nasionale Erfenisterrein vir die VTM inhou, is dat die Voortrekkermonument nou met groter gesag by die Departement van Kuns en Kultuur kan aanklop vir ‘n vehoging in die staatsubsidie. Dit beteken nie dat die Monument nou ‘n staatsinstelling gaan wees nie. Hierdie verklaring is dus van toepassing op die bewaringstatus van die Monument en nie op die eienaarstatus nie. Die Monument word steeds privaat besit en is geregistreer as maatskappy sonder winsmotief.
Die Monument is verheug om as Nasionale Erfenisterrein verklaar te word, aangesien dit die eerste Afrikanermonument is wat sedert 1994 hierdie status ontvang, en omdat dit nou ‘n beskermde nasionale terrein is.   
 UITGEREIK DEUR:
SONJA LOMBARD
BESTURENDE DIREKTEURVOORTREKKERMONUMENTTel: 012 326 6770Faks: 012 326 8374E-pos: sonja@voortrekkermon.org.za

Die majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in 'n natuurreservaat geleë. Dié unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in 'n pragtige omgewing geleë. Dit is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land. 
GPS: 
X 28.10.552
Y -25.46.5810
X 28.10.33
Y -25.46.34
  •  Die noordelike hek van die Voortrekkermonument (Potgieterstraat) oop is vanaf 08:00 tot 16:00 elke dag. 
  • Die Afrikaanse Winkel in die Erfenissentrum het die volgende opwindende boeke en DVD’s/CD’s in die winkel op die terrein van die Voortrekker Monument te koop.
  • Die Afrikaner uitstalling vir hierdie en baie ander interessante Afrikaanse boeke.
Die audioboek: Drie reisigers, Johan Bakkes, Dana Snyman en Johan Badenhorst vertel. Twee lekkerluister CD’s: R140.00
Die Voetspore Kookboek: R175.00
Voetspore Reisjoernale: Gansbaai tot Gaboen: R235.00, Kilimanjaro tot Kairo: R200.00, Kaap tot Kilimanjaro: R200.00
Voetspore DVD’s: Soos reisjoernale hiebo plus Voetspore in die Sand: R230,00.
  • Die Voortrekkermonument Erfenisterrein is gesluit op 25 Desember. Slegs persone wat die Kersete bywoon sal toegang tot die terrein verkry.
  • Daar is verskeie fasiliteite teen billike pryse te huur by die Monument. Al die fasiliteite op die terrein is rolstoelvriendelik. Slegs gidshonde word op die terrein toegelaat.
Die Voortrekkermonument as 'n unieke Suid-Afrikaanse erfenisskat leen hom uitstekend tot eksklusiewe klassieke musiekuitvoerings en kooroptredes. Die Heldesaal met die historiese marmerfries kan tot en met 600 persone akkommodeer en is toegerus met 'n digitale Allen-orrel wat oor 22 registers beskik. Die akoestiek op die Heldesaal vergelyk baie goed met die van Europese katedrale en het 'n na-galm van 6 sekondes.

 Die tweede vlak in die Monument, bekend as die Senotaafsaal, kan tot en met 900 mense akkommodeer en is vanweë sy geestelike sensitiwiteit veral vir aktiwiteite van 'n meer stemmige aard geskik. Die Senotaafsaal kan ook vir geselekteerde kunsuitstallings aangewend word.
Die argitektuur en akoestiek van die Monument leen hom daartoe as 'n uitsonderlike plek waar troues gehou kan word.
Vir navrae en besprekings, kontak 012 326 6770 / hennie.coetzee@voortrekkermon.org.za 
TUIN VAN HERINNERING
Hierdie laaste rusplek word beskou as die mooiste en veiligste in Suid-Afrika.  Dis geleë - net wes van die Voortrekkermonument binne 'n geproklameerde Natuurreservaat en in 'n kultuurvriendelike omgewing.
Die nisse gebou in mure van klip rondom 'n visdam in tuinatmosfeer.  Dit word aangewend vir bewaring van as of ter herdenking aan 'n geliefde.  Dit kan dien vir een of twee gebruikers.  Die donkergrys granietsteen is ingesluit in die prys.  Graveerwerk is vir eie koste en word deur die Voortrekkermonument gereël.
Bemarkingsagent: Lidia Hendriks Tel: 082 564 4840 / 012-330 1496
Voortrekkermonument: Annatjie Erasmus Tel: 012-326 6770,
Faks 012-326 8374

Ossewaens vorm 'n prominente laer om die Voortrekkermonument.  Dit was die vervoermiddel van ons Boere voorouers.  Prof Eric Holm is verantwoordelik ook vir die restourering van ossewaens wat in die groot trek gebruik was en wat op die terrein besigtig kan word.


Ons Volksmoeders, die steunpilare aan die sy van Boerehelde en wakend oor hul kroos.  Ons eer jul en sien op na jul.  Mag ons in jul voetspore volg.

Kunstige verwerking van die Voortrekker Monument

http://en.wikipedia.org/wiki/Voortrekker_Monument

No comments: