Noodvoorraad

BASIESE BENODIGHEDE VIR OORLEWING VIR 'N BEPERKTE GETAL DAE

Onthou dat 'n noodsituasie nie noodwendig oorlog of sulke probleme hoef te wees nie.  U kan oppad na Kaapstad in die verlate Karoo gestrand raak waar oorlewing vir een of twee dae gaan afhang van die proviant wat in jou voertuig is.  Alternatiewelik kan jou huis afbrand... 

Daar is legio redes hoekom jy vandag 'n rugsak moet pak met die items soos op die lysie hieronder om die lewe vir jou en jou gesin gemakliker te maak ten tye van rampe en wat jy en jou gesin kan oorleef na gelang van die voorraad wat jy in jou rugsak het.



PAK JOU SAK VIR DIE KAMP ASOF JY IN NOOD ONTTREKKING SITUASIE IS EN BêRE DIT OP 'N STRATEGIESE PLEK IN JOU ERF OF NEEM DIT SAAM WANNEER JY LANG RITTE GAAN AFLê OF VAN ONS KURSUSSE GAAN BYWOON
BELANGRIKE ITEMS OM IN JOU SAK TE HÊ
  1. Tent
  2. 'n Bybel
  3. Waterfles
  4. Flits met ekstra batterye – of self opwen flits
  5. Kerse of paraffien lamp
  6. Vuurhoutjies
  7. Kombers
  8. Slaapsak en koerantpapier (pak koerantpapier onder jou slaapsak vir hitte)
  9. Eet gerei (Vurk, mes,lepel, bord en blikoopmaker)
  10. Toilet papier
  11. Seep
  12. Tandepaste en Tandeborsel
  13. Waslap
  14. Handoek
  15. Dames onthou jou persoonlike toilet ware
  16. Reën jas/ -poncho
  17. Gemaklike en gepaste klere
NOODSAAKLIKE KOSVOORRAAD-BOSKOS!!!!!!!!!!!!!!
  1. Mieliemeel – ons sal voorsien vir kamp
  2. Koffie, tee.
  3. Poeiermelk of kondensmelk
  4. Vleis: Soya, biltong en blikkies Bully Beef en viennas
  5. Geblikte groente
  6. Gedroogte vrugte
  7. One minute noodles
  8. Beskuit
  9. Koekies
  10. Poeier aanmaak koeldrank
  11. ONTHOU: WATER SUIWERINGS TABLETTE  
MEDIESE VOORRAAD
  1. Verbande
  2. Pleisters
  3. Steriele wondbedekkings
  4. Anti-septiese room
  5. Detol
  6. Mercurochrome
  7. Skêr
  8. Naalde
  9. Medisyne maatlepel
  10. Sout
  11. Watte
  12. Pynstillers
  13. Rubber handskoene
  14. Tabart (Muskiete)
  15. Anti-histamien room en pille
  16. Antibiotika (indien beskikbaar)
  17. Sonbrand middels
  18. Vaseline
Hierdie items moet in 'n water digte houer gepak word en verval datums moet dop gehou word.
MEDIESE VOORRAAD
  1. Maagkrampe
  2. Koors
  3. Hoofpyn
  4. Oorpyn
  5. By steke
  6. Seer keel
  7. Oogdruppels
  8. Multi-Vitamiene
BRING SAAM VIR KAMP.
-        VLEIS VIR SATERDAG AAND BRAAI
-        KAMP STOELE
-        PAINTBALL GEWEER INDIEN JY EEN HET
-        GESKIKTE KLERE VIR OPLEIDING
-        PEN EN PAPIER.
-        NB: GELISENSIEERDE VUURWAPEN EN GENOEG AMMUNISIE SOOS DEUR DIE WET OP VUURWAPENS VOORGESKRYF WORD

No comments: