Wednesday 2 May 2012

Media Verklaring - Negatiewe Simboliek


Ware Boere Weerstandsbeweging
Media Verklaring
2 Mei 2012 te Pretoria
Na afloop van ’n baie suksesvolle Vierkleur optog en Parade te Middelburg op die 27ste April 2012, het dit onder die aandag van die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW) Opperraad gekom dat daar vrae by lede van die Publiek ontstaan het oor sekere van ons simbole en  kentekens.
Die kentekens wat deur die WBW vertoon word, is naamlik die Kop van ’n Leeu en ’n Dubbel Blits.
Die Leeukop: is verteenwoordigend van God Drie-Enig die Leier van die Ware Boere Weerstandsbeweging en word vervat in  “Openbaring 5:5 Die Leeu van Juda wat die mag het om die sewe seëls oop te maak”.

In Openbaring 5 sien ons dat niemand die wêreld van die sonde kan verlos nie. Slegs die Leeu kan verseker dat mense gelukkig lewe. Die Leeu wat ook terseldertyd die Lam was is Jesus Christus, die Seun van God. Hierdie Leeu beskik oor al die mag, krag en majesteit en moes geslag word soos 'n lam om die mensdom van sy sonde te bevry. Die Leeu van Juda het oorwinning behaal deur Hom te onderwerp aan Sy Hemelse Vader. Die Leeu wat sterk is moes die wêreld red deur swak te word soos die mens. God, die Vader, se genadeplan met die sonde van die mensdom is dat Sy Seun, as die Leeu van Juda, soos 'n lam geslag moet word. Jesus Christus is die Enigste Een wat in staat is om die Vader se plan uit te voer. Om die mens se sonde te oorwin verg die krag van 'n Leeu, en Jesus doen dit ook met die offervaardigheid van 'n Lam. Ons as kinders van God ontvang hierdie genade sonder dat ons dit verdien.
Die Dubbel Blits: Is verteenwoordigend van ’n “Beskermings mag” en is gebruik as simbool om die Ware Boere Weerstansbeweging se Beskerming van die Boervolk te simboliseer.
Op 29April 2012 het die WBW Opperraad egter ’n ondersoek gelas aangaande enige negatiewe konnektasies in verband met die kentekens en Simbole.
Gedurende ’n WBW Opperraad vergadering op die 30ste April 2012 is dit eenparig besluit deur almal teenwoordig om die “Leeukop” as simbool te behou en weg te doen met die “Dubbel Blits” simbool  en te vervang met ‘n kenteken wat die Boervolk en sy erfenis verteenvoordig .  Die besluit sal onmiddellik van toepassing sal wees.
Die rede vir die vervanging van die Dubbel Blits deur die WBW Opperraad is die volgende:
-  Die Simbool het negatiewe konnektasies wat aanstoot mag gee.-  Die simbool is nie ’n ware Boere simbool nie.
-  Die simbool mag nie deur alle lede van die publiek reg verstaan word nie.
Deur die vervanging van die Dubbel Blits simbool wil die Ware Boere Weerstandsbeweging dit weereens duidelik maak aan die Boervolk van Suid-Afrika dat ons optree in belang Van die Volk, Deur  die Volk, onder leiding van God Drie-Enig. Verder wil die WBW ook die Boervolk verseker van hul ondersteuning en bereidwilligheid tot diensbaarheid vir die Boervolk.

UITGEREIK DEUR:  OPPERRAAD - WARE BOERE WEESTANDSBEWEGING
Te Pretoria op hierdie 2 de dag van Mei 2012.

No comments: