Tuesday 29 May 2012

WITKRUISMONUMENT OPGRADERING: 1 - 2 JUNIE 2012

WITKRUISMONUMENT OPGRADERING:  1STE JUNIE 2012 – 2DE JUNIE 2012
WBW EN GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE GAAN OOK 'N KRUIS PLANT

As u met die WBW wil deel wees van hierdie besondere aksie, laat weet asb per e-pos:  wbw.20120214@gmail.com
Vrydagaand, 1 Junie 2012 om 18:00 gaan die kruise verlig word. Almal is welkom om bo-op die berg by die kruise bymekaar te kom.

Saterdag 2 Junie kom almal wat wil, om 08:00 by die Ranch Motel bymekaar, vir die optog tot by die kruise.  Ons vertrek om 08:30 vanaf die Ranch Motel na die kruise.  Almal ry baie stadig, en is welkom om kruise op die bakkies vas te hou, sodat dit sigbaar is.
Om 09:30 moet almal by die kruise wees, waar ons dan gaan begin met die program.
Ons hoort so teen 14:00 klaar te wees met alles.
WIT KRUISE
Die kruise vir die 2de Junie se opgradering, word uit 5x50mm staal gemaak. Hoogte 1.2m. Arm bo 600mm. Die arm kom van bo 300mm. Daar kan n skerp punt onder aan die kruis gemaak word, of n stukkie roundbar kan agter aan die kruis gesweis word, en die word dan in die grond gekap, en nie n deel van die kruis self.  
Tussen Pietersbur​g en Potgieters​rus. Ry op die alternatie​we roete, neem die Geyser afdraai. By die eerste huis links, is die ingang na die kruise toe. 
Die Witkruismonument se opgradering vind plaas die 2de Junie 2012. Persone wat belangstel om dit by te woon, skakel Lita Fourie by 0725427352, of e-pos my tabita.fourie7@gmail.com.

Persone wat ver reis, is welkom om indien jy n 4x4 voertuig het, die vrydagaand saam met ons te kamp by die kruise. Die kruise gaan dan ook weer verlig word, die Vrydagaand. Onthou om die Saterdag iets rooi te dra (WBW lede dra swart t-hemde, denim broeke en rooi linte sal aan elke lid voorsien word). Die Vrydagaand wil ons weer vra dat almal, weer hulle kerse aansteek, waar dit sigbaar gaan wees vir persone om te sien. Maak n kruis van n ropelight, en laat dit brand deur die nag. Maak n kruis op jou motor se venster, waar almal dit kan sien. Die 2de bring ons hulde aan almal wat gesterf het, en die duurste prys betaal het.
AGTERGROND
Die witkruise is in 2004 teen die hange van die berge tussen Pietersburg en Potgietersrus opgerig ter nagedagtenis aan die boere wat op plase vermoor is. Die oorspronklike gedagte het aanvanklik gekom van n groep in Pretoria wat gedurende 2003 kruise geplant het by die Centurion afrit op die N1 in Pretoria. Die kruise is deur die owerhede verwyder. Die gebeure het ons die gedagte gegee om ander kruise in Pietersburg op te rig. Ons het daaroor gebid en die Vader het aan ons n skrif in Jesaja gegee. Houtkruise is aanvanklik teen die heining langs die N1 buite Pietersburg opgerig. Kort daarna het ons n skrywe van die Nasionale Padagentskap ontvang dat ons dit moet verwyder anders sou ons aangekla word en indien skuldig bevind sou ons gevangenisstraf opgelê kon word. U kon dalk onthou dat die hele insident op nasionale televisie uitgesaai is. Die kruise is verwyder en ons het n boer in die omgewing se toestemming verkry om die kruise op sy grond op te rig. Omrede dit in die veld geplant sou word en termiete en veldbrande n probleem kon veroorsaak is weg gedoen met die houtkruise en staalkruise is vervaardig. Dit was destyds teen hoe koste (R70 per kruis) gedoen en skenkers is genader. Alle gelde is direk in die rekening van die vervaardigers (NTY) inbetaal en ‘n volledige verslag van uitgawes en inkomste is aan elke skenker gestuur. Meer as die helfte van die uitgawes is deur die organiseerders persoonlik gedra. Oor die afgelope jare is wye media dekking ,plaaslik en ook internasionaal, verkry . Daar is ook n versoekskrif aan die regering oorhandig waarin gevra is dat die kommandostelsel weer ingestel word en dat boere finansiële hulp van die staat ontvang om hul plase te beveilig. Nodeloos om te sê, daar het niks van gekom nie en die situasie het net vererger.

Daar is huidig meer as 1,200 kruise en die nodigheid het ontstaan om dit jaarliks op te dateer.
Oor die afgelope jare is wye media dekking, plaaslik en ook internasionaal, verkry.  Ook in Nederland is die volgende berig geplaas hieromtrent:

Witkruis-monument
Dit zogenaamde “Witkruis-monument” bevindt zich tussen Potgietersrus en Pietersburg in Zuid-Afrika.
Het monument werd ingehuldigd op 6 juni 2004 en is samengesteld uit ongeveer 1200 stalen kruisjes van +/- 7kg, één kruisje voor elke vermoorde plaasboer en/of familielid in de periode 1994-2004. (‘Plaas’ is het Afrikaanse woord voor een –min of meer grote- hoeve.)
Volgende week wordt dit monument aangevuld met de kruisjes voor de vermoorde boeren in de periode 2004-2011. Het aantal kruisen moet bijna worden verdubbeld, op 3 en 4 juni a.s. worden er inderdaad bijna 2000 kruisjes bij geplaatst. Vanzelfsprekend (?) zijn deze moordpartijen op blanke boeren in Zuid-Afrika voor onze weldenkende pers niet interessant genoeg voor enig nieuws hierover.
Geef toe, ’n voetballer of tennisser die zijn enkel heeft verstuikt, is veel en veel belangrijker…
Ropie
‘n Plaaslike koerant het die volgende berig verlede jaar gepubliseer:

Willemientjie en haar ouers kry ook plaas-kruise
2011-06-05 21:00
Marietie Louw-Carstens
Mokopane (Potgietersrus). – Die vermoorde Willemien Potgieter (2) van Lindley het nou ook ’n kruis by die witkruismonument langs die N1- hoofweg aan die voet van die Ysterberg wat plaasmoord-slagoffers gedenk.

Haar kruis is eergister geplant saam met twee kruise ter herinnering aan haar pa, mnr. Attie (40) en mev. Wilna (36) Potgieter, wat in Desember op hul plaas vermoor is.



Mnr. Pieter Gaybba, ’n boer van Hoedspruit, kap die kruis vir Willemien Potgieter in.


Die sowat 2 000 wit staalkruise, wat in die vorm van ’n reuse-kruis geplant is, is duidelik te sien van die N1.

Me. Lita Fourie, stigter van die Tabita-hulporganisasie vir die slagoffers van plaasmoorde, het gesê die Potgieter-familie het haar gevra om die drie kruise te plant. Die familie kon nie self daar wees nie.

Fourie, wat Tabita sowat 11 jaar gelede begin het en wie se ouers op hul plaas naby Tzaneen vermoor is, het gesê sy dink nie daar is iemand in die land wat nié geraak is deur die Potgieter-moorde nie.

Die gesin se ses vermeende moordenaars se verhoor gaan vandag voort in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein.
Sowat 50 mense van wie geliefdes die laaste jare op plase vermoor is, het eergister van so ver as Vryburg, Hoedspruit en Springs by die witkruis-monument saamgetrek. Wit staalkruise ter herdenking van diegene wat die afgelope jaar op plase vermoor is, is geplant.

Mnr. Barend Pienaar, ’n boer van die distrik, het gesê: “Oor vyf jaar is ons kruise ook hier.”

Joshua Serfontein van Tzaneen het op sy agtste verjaarsdag ’n kruis geplant ter ere van sy oupa, mnr. Daan Landsberg (53), wat in 2003 op sy plaas naby Zeerust, in Noordwes, doodgeskiet is.

Me. Vida Serfontein, sy ma, het gesê sy was swanger met Joshua toe sy oupa vermoor is. “Ek is so jammer hy kon sy oupa Daan nooit ken nie.

“Hy was ’n wonderlike mens.”

Sy het vertel sy onthou steeds haar skoonma se histeriese gille toe sy gebel en gesê het: “Hulle skiet op ons, hulle skiet op ons.”

Me. Judith Erasmus was in trane toe sy kruise geplant vir haar ouers, mnr. Pieter en me. Henna van der Lith, wat in November verlede jaar op hul plaas naby Vivo vermoor is. “Dit is baie traumaties vir ons.”

’n Kruis is ook geplant vir mnr. Frik Hermann (71), ’n oom van dr. Dirk Hermann van Solidariteit, wat in Februarie saam met sy hondjie, Vlekkie, op ’n plaas in die Vaalwaterdistrik vermoor is.

Mnr. Johan Willemse, voorsitter van die Pietersburg-Doornkraal-erfenisstigting, wat die witkruismonument bestuur, het gesê die eerste kruise is in 2004 geplant.

Willemse het gesê hulle wil ook ’n saal bou waar foto’s van plaasmoorde uitgestal sal word. “Ons wil veral buitelandse toeriste kom wys hoe erg plaasmoorde is. Dit is nie ‘normale moorde’ nie.”

No comments: