Wednesday, 20 June 2012

2012-06-18 Vonnisoplegging Uitgestel

2012-06-18 23:07
Susan Cilliers
Ventersdorp. – Wat ’n dag van afsluiting moes wees vir die vermoorde Eugène Terre’- Blanche se familie het gister in frustrasie ontaard toe sy moordenaar se vonnisoplegging met twee maande uitgestel is.

Die vonnisoplegging van Chris Mahlangu, wat skuldig bevind is aan die moord, en Patrick Ndlovu, wat vrygespreek is op die moordklag, maar skuldig is aan huisbraak, is tot die week van 20 Augustus uitgestel.

Dit was nodig omdat Johan Engel van die departement van maatskaplike ontwikkeling se proefbeampteverslag oor Ndlovu nog nie klaar is nie. Engel het ten minste ses weke daarvoor nodig, het die hof gister gehoor.

In die verslag sal onder meer aandag gegee word aan Ndlovu se persoonlike omstandighede en die uitwerking van die moord op die Terre’- Blanche-familie.

Ndlovu was minderjarig toe hy en Mahlangu op 3 April 2010 saam by Terre’Blanche se plaashuis ingebreek het en hy vermoor is.

Die staat kon nie Ndlovu se betrokkenheid by die moord bewys nie. Erkennings wat hy gemaak het, is nie toegelaat nie omdat sy regte as minderjarige geskend is.

Gister, meer as twee jaar ná die moord wat wêreldwyd opslae gemaak het, het Terre’- Blanche se familie met groot afwagting in die rondgaande hof gesit.

Die uitstel was ’n groot teleurstelling, het Steyn van Ronge, AWB-leier, namens Martie, die weduwee, en die res van die familie gesê.

“Nou kan hulle en ons (Terre’Blanche se ondersteuners) steeds nie die emosionele pad klaar stap nie. Ons hoop Mahlangu word lewenslange gevangenisstraf opgelê.”

’n Klein groepie AWB-ondersteuners het buite die hof in uniform gestaan en onder meer Vierkleur-vlae laat wapper.

Een van hulle, ’n laerskoolseun, het aan Beeld se fotograaf, Felix Dlangamandla, gesê sy “voete moet raas”. Dit was nadat Dlangamandla aan een van die AWB-volwassenes gevra het hoekom die seun nie in die skool is nie.

’n Groep mense wat die misdadigers ondersteun, het plakkate vasgehou en gesing.



AWB-ondersteuners gister buite die rondgaande hof op Ventersdorp. Die seun op die foto het aan Beeld se fotograaf gesê sy “voete moet raas”. Foto’s: Felix Dlangamandla

Familielede van Terre’Blanche gister in die hof. Voor is sy dogter, Bea, en weduwee, Martie. Agter is Terre’Blanche se broer, Andries.
  
DIE WARE BOERE WEERSTANDSBEWEGING (WBW) WAS DAAR
'n Groep van ongeveer 22 lede van die WBW het van plekke so ver as Middelburg Tvl gekom vir die vonnisoplegging in die hof te Ventersdorp. 
Die teenwoordigheid is ter ondersteuning van Oom Andries Terre'Blanche en sy familie, almal lede van die Geloftevolk Republikeine. 

 In groot afwagting op die vonnisoplegging wat binne die hof aangehoor was uitsluitlik deur familielede, het die WBW die Ou Transvaalse Vierkleur, die Strydvlag asook die WBW vlag in die straat voor die hofgebou vertoon.


Die media en SAPS het gefokus op die groep ANC ondersteuners wie die gewraakte "Skiet die Boer" lied gesing het terwyl hul 'n bruin beer met 'n rooi AWB t-hemp aan met stokke geslaan en met 'n mes gesny het.



Om die bruin beer se nek was 'n plakaat met haatspraak woorde gemik op die leier van die Geloftevolk Republikeine, Andre Visagie. 

Thursday, 7 June 2012

WITKRUISMONUMENT OPGRADERING: 1 - 2 JUNIE 2012

Die Ware Boere Weerstandsbeweging was daar. 

Sedert die moord van een van ons Boervolk Leiers en ook die Broer en Oom van lede van die Geloftevolk Republikeine was daar nog geen witkruis vir Leier Eugene Terre'blanche by hierdie Witkruismonument geplant tussen Pietersburg en Potgietersrus nie.

Die Ware Boere Weerstandsbeweging en Geloftevolk Republikeine het dit daarom goed gedink om hierdie jaar 'n witkruis ter nagedagtenis van ons Boervolk Leier te plant.

Rus in vrede geliefde Leier.  God het jou vrede en rus gegee en ons gun jou dit ook.  Jy sal altyd vir ons 'n Mentor wees.  U bly in ons gedagtes gekoester vir die res van ons lewens.




ONS WELPIES
Jeug van ouderdom 0 - 12 jaar







Die witkruis wat spesiaal vir Leier Eugene Terre'Blanche gemaak is, het sy prominente plek gevind in die middel en bo-op die berg.