Monday 27 February 2012

Herenigingsverdrag met die Geloftevolk Republikeine

GELOFTE VOLK VAN GOD “HERENIGINGSVERDRAG”
IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE ALMAGTIGE GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB, WORD HIERDIE OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN DIE GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE EN ANDER BEWEGINGS EN ORGANISASIES;-(Hierna “Bewegings en Organisasies” genoem)
GENOEMDE BEWEGINGS EN ORGANISASIES, SOOS PER AANHANGSEL 1-SLUIT HIERDIE VERDRAG (Hierna “Verdrag” genoem) OM ‘N BASIS/PLATFORM TE SKEP OM DIE IDEAAL VAN BYMEKAARMAAK VAN DIE BLANKE CHRISTEN BOERVOLK,DIE UITDRA VAN ONS VRYHEIDSIDEAAL,EN DIE HERSTEL VAN DIE BOERE-REPUBLIEKE TE PROBEER BEWERKSTELLIG.
  1. Die verdrag sal ‘n koördinerende raad vestig om alle aksies tussen die Bewegings en Organisasies wat deel is van hierde verdrag te koördineer;
  1. Elke Beweging en Organisasie sal sy eie identiteit behou en onhafhanklik funksioneer in terme van hul eie neergelegde Grondwet, Staande Prosedures en Reëls soos vervat in hul statuut van oprigting;
  1. Alhoewel elke Beweging en Organisasie wat deel vorm van hierdie verdrag onafhanklik funksioneer, sal elke Beweging en Organisasie die Grondwet en Beginsels van die Geloftevolk Republikeine nastreef en onderhou terwyl elke Beweging en Organisasie deel is van hierdie Verdrag.
  1. Die koörinerende raad sal hom be-ywer vir die:
4.1    Handhawing in die Wet van God soos opgeteken in Exodus 20:1-17 en die Ganse Heilige Skrif, DIE BYBEL (AOV 1933, Hersien 1953) as riglyn vir ons, om gelykvormig te word aan Sy Seun, Jesus Christus;
4.2   Daarstelling en handhawing van ‘n nasionale en internasionale kommunikasie stelsel;
4.3  Daarstelling en handhawing van ‘n nood-ontruimingsplan;
4.4  Daarstelling en handhawing van ‘n weerbaarheids opleidingsprogram binne elke beweging en organisasie;
4.5  Daarstelling, handhawing ,beskerming en bevordering van ons Christelike Opvoeding insluitende die waardes en norme soos vervat in die Woord van God;
4.6  Handhawing van die Blanke Christelike Boervolk se taal, kultuur en identiteit;
4.7  Bemagtiging van volkseie en volksgenote en die behoud van die Blanke Christelike Boervolk se regte en erfenis, en onsself te ag verbonde aan die Geloftes van Jan van Riebeeck, Bloedrivier en van Paardekraal, soos deur ons voorvaders afgelê is,
4.8   Beskerming van die Blanke Christelike Boervolk, in welke hoedanigheid of op welke wyse dit ookal mag geskied; en ons onsself voorberei teen die dreigende en toenemende aanslae op die lewens van ons Blanke Christelike Boervolk en ons volk se voortbestaan, sodat ons onsself kan verdedig in die Naam van ons God,
  1. Elke Beweging en Organisasie is deur ‘n  Blanke Christelike Boervolk uit ‘n Blanke Christelike Boervolk, gerig deur ‘n Bybels Gereformeerde lewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God. In diens van die Blanke Christelike Boervolk, dan Vaderland en ook die naaste as skepsel van God, soos deur die Woord van God voorbehou.
”Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort”.

No comments: