Friday 9 March 2012

ANC sien rooi oor regse klag

ANC sien rooi oor regse klag
2012-02-25 20:42

Johannesburg – Die ANC het 'n poging deur die regse groep die Gelofte Volk om 'n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp.
"Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse organisasies... om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik," het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê.
Die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg het Vrydag bevestig dat die regse beweging die Gelofte Volk en sy leier, Andre Visagie, 'n amptelike klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma ingedien het.
Die groep beweer Zuma het die struggle-lied met die woorde "skiet die boer" vroeër vanjaar tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein gesing.
Die groep het ook 'n klag teen die minister van polisie gelê omdat die polisie nie ingegryp het nie toe swart mense by die moordverhoor van die ontslape AWB-leier Eugene Terre'blanche plakkate omhoog gehou het met die woorde "Boere word gebleksem" (sic).
"Hulle klag, wat daarop gemik is om ons historiese erfenis as 'n euwel voor te hou en as bron van haat te projekteer, sal nie geïgnoreer word nie, want ons geskiedenis kan nie anders beskryf word of op 'n manier beskryf word wat dit aanvaarbaar maak vir diegene wat dit wil wegwens nie."
Mthembu het ontken dat Zuma die lied "Bubul' ibhunu" by die ANC se eeufees gesing het.
"Ons wil die feit weer stel dat president Zuma tydens die eeufees in Mangaung nie die lied gesing het wat deur die Gautengse hooggeregshof verban is nie."
Hy het gewaarsku teen die "polarisering" van die Suid-Afrikaanse samelewing wat die klagtes kan veroorsaak.
Gelofte Volk erken glo nie vir Jacob Zuma as president nie.

1 comment:

WBW said...

DIT WAS N SUKSES VOLLEDIGE KLAGSTAAT

Feb 06 2012: ANC president Jacob Zuma sings "Kill the Boer" in Bloemfontein -- on the 100th anniversary of the ruling ANC party of South Africa: a full 19 years after they gained hegemony of the country, the ANC-leadership still sings for the genocide of all the whites.

The lyrics of the song (in Zulu) are translated as follows:

Ayasab' amagwala (the cowards are scared) dubula dubula (shoot shoot) ayeah dubula dubula (shoot shoot ) ayasab 'a magwala (the cowards are scared) dubula dubula (shoot shoot) awu yoh dubula dubula (shoot shoot) aw dubul'ibhunu (shoot the Boer) dubula dubula (shoot shoot) aw dubul'ibhunu (shoot the Boer) dubula dubula (shoot shoot) aw dubul'ibhunu (shoot the Boer) dubula dubula (shoot shoot) aw dubul'ibhunu (shoot the Boer) dubula dubula (shoot shoot)
(Some interpretations claim that he at times inserts another deviating sentence namely, 'Shoot the Pink Skins' . Its meaning however remains very clear: whether Zuma sings 'Shoot the Pink Skins' or 'Shoot the Boer' ...)
GelofteVolk Boer-minority group lays 3 formal complaints of hatespeech against SA pres Jacob Zuma at the Human Rights Commission Feb 24 2012 - mainly for singing KILL THE BOER (above)


HOOFKANTOOR VAN DIE
HEAD OFFICE OF THE
GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE
(VOW PEOPLE REPUBLICANS)

Tel 053 861 1726 / 079 908 6975 Andréstraat 15 / 15 André Street
082 897 1018 / 082 891 6509 Posbus / P O Box 3101
Fax no. 053 861 4000 KIMBERLEY 3800
E-pos avisagie@vodamail.co.za 24 February 2012