Tuesday 13 March 2012

Manna vir ons Mense

Ons Organisasie was baie bevoorreg om op 6 Maart 2012, 'n 45 ton gepreserveerde en verseëlde kos skenking van 'n anonieme skenker te ontvang. 

Die gepreserveerde en verseëlde kospakkies kan vir 'n tydperke suksesvol gestoor word vir menslike gebruik.  Geen elektrisiteit is nodig om die rys, vleis en groente te verhit nie, wat dit 'n ekonomiese, vinnige en baie vullende ete maak.


Dit was nie eers nodig vir store om hierdie voedsel in te stoor nie omdat die behoefte aan kos onder behoeftige gesinne in ons WBW provinsies so geweldig groot is. 


 Die eerste 5 ton kos was binne 2 dae uitgedeel aan mense, van wie sommige gesinne langer as 'n maand laas ordentlike kos in hul huise gehad het. 


Ons het trane van blydskap en dankbaarheid sien vloei en God geloof vir Sy goedheid en genade en dat ons deel van so 'n gemeenskapsdiens kon word.

Die WBW wil graag ons dank uitspreek aan ons Anonieme Skenker, namens al die gesinne wie nou kospakkies ontvang het.  Mag ons Vader u ryklik seën.
Indien u sou belang stel om ook betrokke te raak deur kos, klere of ander skenkings aan ons minderbevoorregte volksgenote, kontak ons gerus op ons e-pos adres:  wbw.20120214@gmail.com

1 comment:

Tinus said...

Ek wil net dankie se aan almal wat gehelp het on die kos op te laai en te versprei - dit was laat nagte en ons was moeg, maar tog het nie een gekla nie - dankie WBW offisiere en lede, julle is 'n wonderlike span.