Friday 23 March 2012

Pretoria Straatname: ‘Afrikaners sal ook ingesluit wees’

2012-02-23 22:19
Kry Beeld op    
Sarel van der Walt 


Daar sal steeds Afrikanername wees onder die 27 Pretoriase straatname wat verander gaan word, het mnr. Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, gister gesê.

Hy het op ’n raadsvergadering gesê wanneer die naamsveranderinge oorweeg word, sal daar veral gekyk word na die name van Afrikaners wat tot die “demokratisering en bevryding” van die stad bygedra het.

Tshwane het in 2008 bekend gemaak 27 Pretoriase straatname “wat aanstoot gee weens hul koloniale en apartheidsverbintenisse” gaan verander.

Dié lys het onder meer Pretoriusstraat, Schoeman­straat, Andriesstraat, D.F. Malanrylaan, Genl. Louis Botharylaan, Hans Strijdomrylaan, Hendrik Verwoerdrylaan, Kerkstraat, Duncanstraat, Paul Krugerstraat, Potgieterstraat en Voortrekkersweg ingesluit.

Veral name in die middestad is in die gedrang omdat hulle volgens die ANC nie meer die demografie van die stad weerspieël nie.

http://cot/HeaderImages/18 (3).jpg.JpgRamokgopa het gesê hy sal met die politieke partye daaroor praat wat in die metroraad verteenwoordig word.

Dr. Conrad Beyers van die VF+ het daarna gesê hy weet nog nie wat die ANC se voorstelle vir straatnaamsveranderinge gaan wees nie.

“Ons het in die komende week ’n afspraak met die burgemeester. Ons is bereid om te onderhandel vir ’n langtermyn-oplossing.” 

No comments: