Wednesday 4 April 2012

Eugene Ney Terre'Blanche

Ons bring hulde
Eugene Ney Terre’Blanche
31 JAN 1944 ? 3 APRIL 2010


Twee jaar is in 'n oogwink verby sedert die moord op die Leier van die
Afrikaner Weerstand Beweging
waar hy eensaam op sy plaas aan die hand van Chris Mahlangu en die "kind"
brutaal vermoor is.
Sy diep inspirerende stem is vir altyd stil en die blou poele oë ...

Sy son het ondergegaan, terwyl dit dag was.

Hy wou vir die Boervolk lewe, die Boervolk weer laat lewe in sy eie land, maar hy was dit nie beskore nie.

Die moordenaars se saak is nog nie afgehandel nie. Die hofsaak gaan weer voort in Ventersdorp rondgaande hof
10 - 21 April 2012.

(Lees "comments" onderaan vir vordering met hofsaak van die twee aangeklaagdes in die moordsaak)

3 comments:

WBW said...

T-moord: Uitspraak volgende maand verwag

2012-04-12 11:05
Ventersdorp – Die staat en die verdediging in die saak teen die mans wat daarvan aangekla word dat hulle Eugene Terre'Blanche vermoor het, het hul sake in die rondgaande hof op Ventersdorp afgesluit, het Sapa berig.

Regter John Horn het vroeër gesê Chris Mahlangu se bewerings oor sy minderjarige medebeskuldigde se betrokkenheid by moord, sal nie as getuienis toegelaat word nie.

Mahlangu en die tiener word daarvan beskuldig dat hulle die AWB-leier op 3 April 2010 op sy plaas Wit­rantjiesfontein naby Ventersdorp doodgeslaan het.

Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die tiener ontken enige betrokkenheid in die misdaad.

Volgens joernaliste wat vanuit die hof getweet het, sal die uitspraak na verwagting op 22 Mei gelewer word.

http://n24.cm/IDfJhv

WBW said...

ET: Familie in hof vir slotbetoë
2012-04-18 11:30

Ventersdorp – Familielede van Eugene Terre’Blanche is tans in die rondgaande hof op Venstersdorp vir die slotbetoë in die moordsaak, het Sapa berig.

Chris Mahlangu en ‘n tienerseun word daarvan beskuldig dat hulle die regse leier in 2010 op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het.

Mahlangu en die tiener het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die minderjarige ontken enige betrokkenheid in die misdaad.

Die staat en verdediging het verlede week hul sake afgesluit.

Dit het verlede week in die hof aan die lig gekom dat daar geen forensiese bewyse is wat die tiener by die moord betrek nie.

Andries Terre’Blanche, die oorledene se broer, het verlede week gesê sy familie sal teen die besluit appelleer indien die minderjarige seun vrygespreek word, het Eyewitness News vroeër berig.

Volg Nuus24 op Twitter

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/ET-Familie-in-hof-vir-slotbetoe-20120418

WBW said...

ET-moordverhoor duur voort
2012-04-18 07:05


Johannesburg – Die moordsaak van twee mense wat daarvan aangekla word dat hulle Eugene Terre'Blanche vermoor het, word Woensdag in die rondgaande hof op Ventersdorp hervat, het Sapa berig.

Chris Mahlangu en ‘n tienerseun word daarvan beskuldig dat hulle die regse leier in 2010 op sy plaas buite Ventersdorp vermoor het.

Mahlangu en die tiener het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die minderjarige ontken enige betrokkenheid in die misdaad.

Die staat en verdediging het verlede week hul sake afgesluit.

Dit het verlede week in die hof aan die lig gekom dat daar geen forensiese bewyse is wat die tiener by die moord betrek nie.

Andries Terre’Blanche, die oorledene se broer, het verlede week gesê sy familie sal teen die besluit appelleer indien die minderjarige seun vrygespreek word, het Eyewitness News vroeër berig.

Volg Nuus24 op Twitter

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/ET-moordverhoor-duur-voort-20120418