Monday 27 February 2012

Persverklaring: 23 Februarie 2012

Op 23 Februarie 2012 is die eerste persverklaring uitgereik:

Mede Geloftevolksgenote en mede Christen Boervolk
As gevolg van talle navrae en korrespondensie wat die afgelope week die rondte doen is ons genoodsaak om die volgende te kommunikeer om sodoende verwarring uit te skakel.
Op 14 Februarie 2012 het ek, gewese Kolonel Tinus Gey van Pittius, AWB Gebieds Bevelvoerder van AWB Pta-Westelik & Bosveld , my totale offisiers mag in die gebied en talle lede , bedank uit die  AWB uit.
Ons kan ons nie meer vereenselwig met die werkswyse, die standpunte van die “nuwe AWB” nie, die “nuwe AWB” is ‘n totale afwyking van oorlede Leier, Eugene Terre’Blanche se oorspronklike beginsels en Grondwet.
Ek, my offisiere en lede het ons verbind tot ‘n ‘Herenigings verdrag’  vir die Gelofte volk van God, saam met die Geloftevolk Republikeine, wel onder die Vleuels van Mnr André Visagie, vorige Sekretaris-Generaal van die AWB,  Generaal Johan Potgieter, vorige onder leier en Kommandant Generaal van die AWB,  Genl Andries Terre’Blanche, vorige Gebieds Generaal  van Wes Transvaal en Broer van Oorlede Leier en  André Nienaber, vorige Gebieds Bevelvoerder  van die AWB van Middelburg.
Ons het besluit om die pad van die Gelofte volk te stap as deel van die herenigings verdrag, onder die naam “WARE BOERE WEERSTANDSBEWEGING” wat die beginsels en ideal van bymekaarmaak van die Blanke Christen Boervolk, die uitdra van ons bevrydings ideal is en die herstel van ons Boere-Republieke te bewerkstellig.  Dit was immers die begeerte en ideal van oorlede Leier, Eugene Terre’blance.
Die Geloftevolk was in die verlede, maar bly ook in die toekoms verbind met die Skepper van Hemel en Aarde, die God van Abraham, Isak en Jakob.
Ons wens alle ware en opregte boere bewegings en organisasies alle voorspoed en sukses toe op die pad van vryheid en selfbeskikking in die naam van GOD;  vir God, Volk en Vaderland.
“BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR HOORT”
Vir enige verdere navrae, inligting en deelname kontak ons gerus by : wbw.20120214@gmail.com
Geteken te Pretoria op 23 Februarie 2012.

Tinus Gey van Pittius
BEVELVOERENDE GENL
Ware Boere Weerstandsbeweging

1 comment:

WBW said...

VERANDERING IN AWB ORGANISASIE NOU WERKLIKHEID - NEIGING NA POLITIEK:

‘N AANVANKLIKE WEERSTANDSBEWEGING WORD ‘N VOLKSBEWEGING

DieAfrikaner- Weerstandsbeweging verwaarloos vir geen oomblik sy weerstandsfunksie teen alles wat volksvreemd en vyandiggesind is nie. Die prys wat ‘n volk vir sy vryheid moet betaal is ewigdurende waaksaamheid. Derhalwe het die AWB die African National Congress (ANC), die front organisasie van die Suid-AfrikaanseKommunistiese Party (SAKP) die stryd aangesê. Hierdie is ‘n stryd tot die doodtoe. Daar is geen ruimte vir kompromie met kommunistiese moord bendes wat onskuldige vrouens en kinders vermink en vermoor nie. Die AWB verwerp enigeoorheersing deur wie ookal en eis vryheid vir die Boerevolk op.

CHAOS HEERS Huidiglik is die ANC/SAKP/COSATU en ander rewolusionêre swartorganisasies soos die PAC besig om teen ‘n ontstellende mate rewolusie aan te blaas. Met die voordele wat die blanke vir hulle gebring het is hulle nie tevrede nie. Hulle wil wat die blanke opgebou het, met geweld verteer sonder dat hulle self daarvoor gewerk het. Swartes word in poste aangestel in die plek van Boere wat moet plek maak vir Afrikaniseering (swart bevoordeling). Selfs dit wat gevat word in die naam van regstelling van die verlede kan nie in standgehou word nie en is ‘n totale verval besig om in die land plaas te vind.

Blankes word gedreig met land besettings indien hulle nie grond afstaan aan swart “landloses” nie, die misdaad in die land is die hoogste nog en die Randse waarde val elke keer wanneer ‘n swart leier sy mond oopmaak.

Suid-Afrika bevind hom in ‘n oorlog! Die Boerevolk kan nie langer sit en kyk hoe sy land brand en niks doen nie.

DIE PAD VORENTOE

Dwarsdeur ons volk se bestaan loop ‘n goue draad van protes en verset teen oorheersing maar ook vir die verwesenliking en verkryging van vryheid in ‘n soewerein-onafhanklike Boerevolkstaat. Hierdie goue draad het die AWB weer opgetel waar voorgeslagte dit gelaat het. Hierdie goue draad dra ons nou die toekoms in en gee daardeur sin aan die stryd. Vandag, ondanks volgehoue en berekende aanslae van die linkse politici. pers en uitsaaiwese, groei steun vir die AWB. Sewe mense het aangegroei tot duisende en duisende. Die AWB wat vreesloos Christelik en onbeskaamd nasionaal is, het geword die nuwe regses: –teenpool van die ANC – borswering van sy Volk – bolwerk teen liberalisme,Marxisme en KommunIsme Die AWB vertolk die versugting van ‘n Volk se – diepste emosies – suiwerste denke – grootste vasberadenheid en – hoogste ideaal: ‘n Moderne Christelike Afrikaner-Boere volkstaat – teen die hele wêreld vry!

Enige navrae of kommentaar kan gerus na hierdie e-pos gestuur word.
Telefoniese navrae na Hoof Kommandant Cor Snel :084 678 4302 of Kolonel Jaco Potgieter 083 386 9339