Monday 5 March 2012

Kursus: Werwing Vaardighede - 14 Maart 2012, 17:30 vir 18:00 te Hartbeespoort

Om met mense te kan kommunikeer en oor die weg te kan kom verg baie geduld en spesiale vaardighede.  In die veld waarin ons graag lede wil werf kry ons te doene met baie negatiwiteit, moeilike persoonlikhede en met owerhede wat bang is ons doen iets wat buite die wet is wat meer skade as goed gaan doen aan die samelewing.
Om ons Organisasie suksesvol te kan bemark moet ons dus die volgende weet:
  • wat die verskillende tipes werwing aksies is,
  • watter voorbereidings vir 'n werwing aksie getref moet word,
  • hoe om vrese vir werwing te voorkom en te oorkom,
  • diversiteit omtrent persoonlikhede,
  • hoe om suksesvol te kommunikeer,
  • hoe om probleemgevalle reg te bestuur en
  • hoe om die administrasie volgens vereistes te doen
Ons eerste Werwing Vaardighede kursus word gehou te Hartbeespoort, op 14 Maart 2012, om 17:30 vir 18:00.  tydens hierdie kursus sal gekonsentreer word op teorie en die praktiese uitvoering daarvan sal daarna geassesseer word deur 'n gekwalifiseerde Fasiliteerder en Assessor.
Indien jy sou belang stel om die kursus in Hartbeespoort by te woon, voltooi asb die kursus registrasievorm op die Vorms bladsy en stuur dit voor 10 Maart 2012 na:  wbw.20120214@gmail.com

Rig asb navrae om dieselfde kursus in jou gebied aan te bied:  wbw.20120214@gmail.com

1 comment:

Tinus said...

Naand se. Hierdie is voorwaarlik 'n moet vir elke offisier en lid van die WBW. Met die kursus kan u uself voorberei en toeerus on die beeld van die WBW positief en suiwer uit te dra na buite om sodoende die oningeligte publiek daar buite te hanteer en in te lig aangaande die hedendaagse tendenste in Suid Afrika - sterkte aan almal wat die kursus mee maak.