Wednesday 4 April 2012

KORTTERMYN WERKSWYSE OM BOERVOLK TE BESKERM

KORTTERMYN WERKSWYSE OM BOERVOLK TE BESKERM

1.    INLEIDING.
Hierdie dokument spruit voort as gevolg van die gebeure die afgelope tyd soos die on-ophoudelike moorde en aanrandings op die Boervolk, die oorhanding van die klagtes aan die Mense Regte Kommissie, teen President Zuma, die kommentaar insake die Volksvergadering van 21 Maart 2012, en die Boereberaad gehou op 17 Maart 2012 te Pretoria tussen Geloftevolk Republikeine en die Ware Boere Weerstandsbeweging waar elke Boervolk leier sy of haar insette kon lewer en waar daar verder op al wat openbare gepreks forums ‘n uitnodiging geplaas was vir ider en elk om hul insette aangaande die samestelling van ‘n korttermyn werkwyse ter beveiliging en paraatheidsopleiding van die Boervolk saam te stel en vir onmiddelike implimentering daarvan.

2.    BESPREKING
Nadat alle insette ontvang en verwerk is, plaas ons die volgende ter inligting as hoë risiko faktore waarvan die Boervolk moet kennis dra en hoe hul elke situasie sal moet hanteer terwille van hul veiligheid, oorlewing en voortbestaan:

Elke senario word aangespreek in Aksie plan inligtingstuk (Boekvorm) hetsy stedelik sowel as plateland:
Ø    Ongewenste persone/indringers op perseel;
Ø    Versteurde omgewing;
Ø    Geweldadigde inbraak/betreding terwyl inwoners tuis is;
Ø    Verrassings indringing as inwoners arriveer;
Ø    Brandstigting by woonhuis;
Ø    Kaping/aanval op u bewegende voertuig;
Ø    Veilige optredes en beweeg redes; (Roetine, bewegings, tydsaspekete en tydsduur, roetes;
Ø    Ken u eindom/huis/perseel; (Uitlokking, swak plekke, sterk plekke);
Ø    Aanval deur massa indringers – 4 of meer (opereer in seksies van 4, kan tot soveel as 20 wees)
Ø    Aanval;
Ø    Voertuig kaping/besetting by arrivering;
Ø    Vreemde “elemente” nader u vir nader besonderhede/inligting of aanwysings;
Ø    Slagoffer van roof/aanranding/aanval in die openbaar/publike area;
Ø    Bomdreigement/bomontploffing teydens byeenkomste;
Ø    Optrede tydens noodsituasie in openbare plek waarby gesinslede betrokke en of slagoffers is;
Ø    Algemene Reëls vir paraatheid;
Ø    Nood netwerke;(peroonlik, radio’s, sms, BBM, ens……);
Ø    Massavolksmoord begin- noodplan en optrede.

3.    AFSLUITING.
Om uself en ons mede Boervolksgenote instaat te stel om hulself toe te rus is die volgende alreeds in plek geplaas:
Die bestaande opleidingsakademie van die WBW (Ware Boere Weerstandsbeweging) staan gereed met 'n opleidingsterrein, instrukteurs en leerplanne vir opleiding van ons volksgenote, en is gereed in verskeie sentra van die land, maar waar behoefte aan opleiding is en nog geen WBW-strukture bestaan nie, sal kampe onmiddellik gereel word as daar genoegsame kursusgangers is. Ons het ook verskeie plase reg deur die land tot ons beskikking waar ons mense kan gaan oplei.
‘n Kragtige hoë frekwensie radio kommunikasie stelsel met beheerkamer gesetel in Pretoria word 24 uur beman, om noodoproepe en situasies te hanteer,
Die Boerevolk Beveiligingstelsel (sms-noodsein) sal binne die eersvolgende twee weke gereed wees, sodat volksgenote mekaar kan beskerm/te hulp snel in geval van aanvalle reg deur Suid Afrika.
'n Strategiese Beplanningsessie vir die bepaling van die Boerevolk se optrede ten opsigte van die volksmoord oor die medium-termyn sal oor vier weke gehou word.
Om u Aksie plan inligtingstuk te bekom kan u die volgende doen:
ØStuur e-pos aan : wbw.20120214@gmail.com
            Ø Stuur navrae faks met u besonderhede na 086 236 5653

2 comments:

mad said...

And what are you going to be doing for the Volk????

WBW said...

The WBW's mission is to skill our Boervolk through internationally recognized training, not only to be entrepreneurs if they are unemployed, but also to be able to protect themselves, their families and their property within legislation.