Boere Afrikana : Kultuur-Historiese
Erfenis en Gedenkwaardighede van die
Boere van Suid Afrika
Boere van Suid Afrika
MEDIAVERKLARING
VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
VERKLARING AS NASIONALE ERFENISTERREIN
Pretoria, 29
Februarie 2012. Die onlangse aankondiging deur die
Minister van Kuns en Kultuur dat die Voortrekkermonument Nasionale
Erfenisterrein (Graad 1 –status) gaan kry, is ‘n proses waarmee die Monument al
jare besig is. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA), het
volgens Wet 25 van 1999, op Vrydag, 8 Julie 2011 reeds in die Staatskoerant
aangekondig dat die Monument as ‘n Nasionale Erfenisterrein verklaar is. Die
oorsponklike aansoek is op 18 Julie 2006 deur die VTM ingedien.
Een van die moontlike voordele
wat die verklaring tot Nasionale Erfenisterrein vir die VTM inhou, is dat die
Voortrekkermonument nou met groter gesag by die Departement van Kuns en Kultuur
kan aanklop vir ‘n vehoging in die staatsubsidie. Dit beteken nie dat die
Monument nou ‘n staatsinstelling gaan wees nie. Hierdie verklaring is dus van
toepassing op die bewaringstatus van die Monument en nie op die eienaarstatus
nie. Die Monument word steeds privaat besit en is geregistreer as maatskappy
sonder winsmotief.
Die Monument is verheug om as
Nasionale Erfenisterrein verklaar te word, aangesien dit die eerste
Afrikanermonument is wat sedert 1994 hierdie status ontvang, en omdat dit nou
‘n beskermde nasionale terrein is.
UITGEREIK DEUR:
SONJA LOMBARD
BESTURENDE
DIREKTEURVOORTREKKERMONUMENTTel: 012 326
6770Faks:
012 326 8374E-pos:
sonja@voortrekkermon.org.za
Die
majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van
Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in 'n natuurreservaat geleë. Dié
unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die
geskiedenis van die Afrikaner en is in 'n pragtige omgewing geleë. Dit is
vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die
top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land. 

GPS:
X 28.10.552
Y -25.46.5810
X 28.10.33
Y -25.46.34
Y -25.46.5810
X 28.10.33
Y -25.46.34
|
Die audioboek: Drie reisigers, Johan Bakkes, Dana Snyman en Johan
Badenhorst vertel. Twee lekkerluister CD’s: R140.00
Die Voetspore Kookboek: R175.00
Voetspore Reisjoernale: Gansbaai tot Gaboen: R235.00,
Kilimanjaro tot Kairo: R200.00, Kaap tot Kilimanjaro: R200.00
Voetspore DVD’s: Soos reisjoernale hiebo plus Voetspore in die
Sand: R230,00.
|
|
![]() ![]() ![]()
Die argitektuur en akoestiek van die
Monument leen hom daartoe as 'n uitsonderlike plek waar troues gehou kan word.
Vir navrae en besprekings, kontak 012
326 6770 / hennie.coetzee@voortrekkermon.org.za
![]() Voortrekkermonument: Annatjie Erasmus Tel: 012-326 6770, Faks 012-326 8374 ![]() ![]()
Ons Volksmoeders, die steunpilare aan die sy van Boerehelde en wakend oor hul kroos. Ons eer jul en sien op na jul. Mag ons in jul voetspore volg.
|
No comments:
Post a Comment