Showing posts with label Pretoria. Show all posts
Showing posts with label Pretoria. Show all posts

Thursday, 5 April 2012

Pretoria: Straatnaam Veraderings

Die volgende straatname in Pretoria gaan nou verander ... Hoe absurd?

The following streetnames in Pretoria will change ... How ridiculous?

  • Zambesi to Sefako Makgatho
  • Hendrik Verwoerd to Johan Heyns
  • Beatrix/Mears/Voortrekker to Steve Biko
  • Hans Strijdom to Solomon Mahlangu
  • Walker/Charles to Justice Mohammed
  • Proes to Johannes Ramokhoase
  • Duncan to Jan Shoba
  • Generaal Louis Botha to January Masilela
  • Esselen to Robert Sebukwe
  • Vermeulen to Madiba
  • Schubart to Sophie de Bruyn
  • Potgieter to Kgosi Mapuru
  • Prinsloo to Sisulu
  • Skinner to Nana Sita
  • Jacob Mare to Jeff Masilela
  • Queen Wilhelmina to Florence Ribiero
  • Van Der Walt to Lillian Ngoyi
  • Andries to Thabo Sehume
  • D F Malan to Eskia Mphahlele
  • Mitchell to Charlotte Maxewke
  • Schoeman to Francis Baard
  • Church Street to Stanza Mobapa/Helen Joseph/WF Nkomo/Elias Motswaledi
  • Michael Brink to Nico Smith
  • Leah Mangope to Peter Mangope
  • Lucas Mangope to Molefe Makinte

Verander die straatname, maar die BOERSIEL sal jy nie verander nie ...

Change the streetnames, but you will never change the "BOERSIEL" (Spirit of the Boer nation)

Friday, 23 March 2012

Pretoria Straatname: ‘Afrikaners sal ook ingesluit wees’

2012-02-23 22:19
Kry Beeld op    
Sarel van der Walt 


Daar sal steeds Afrikanername wees onder die 27 Pretoriase straatname wat verander gaan word, het mnr. Kgosientso Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, gister gesê.

Hy het op ’n raadsvergadering gesê wanneer die naamsveranderinge oorweeg word, sal daar veral gekyk word na die name van Afrikaners wat tot die “demokratisering en bevryding” van die stad bygedra het.

Tshwane het in 2008 bekend gemaak 27 Pretoriase straatname “wat aanstoot gee weens hul koloniale en apartheidsverbintenisse” gaan verander.

Dié lys het onder meer Pretoriusstraat, Schoeman­straat, Andriesstraat, D.F. Malanrylaan, Genl. Louis Botharylaan, Hans Strijdomrylaan, Hendrik Verwoerdrylaan, Kerkstraat, Duncanstraat, Paul Krugerstraat, Potgieterstraat en Voortrekkersweg ingesluit.

Veral name in die middestad is in die gedrang omdat hulle volgens die ANC nie meer die demografie van die stad weerspieël nie.

http://cot/HeaderImages/18 (3).jpg.JpgRamokgopa het gesê hy sal met die politieke partye daaroor praat wat in die metroraad verteenwoordig word.

Dr. Conrad Beyers van die VF+ het daarna gesê hy weet nog nie wat die ANC se voorstelle vir straatnaamsveranderinge gaan wees nie.

“Ons het in die komende week ’n afspraak met die burgemeester. Ons is bereid om te onderhandel vir ’n langtermyn-oplossing.”