Showing posts with label Kursus. Show all posts
Showing posts with label Kursus. Show all posts

Wednesday, 13 March 2013

NASIONALE OPLEIDINGSKAMP: 5-7 April 2013

Ons volgende Nasionale Opleidingskamp vir die hele gesin is geskeduleer vir 5-7 April 2013.  
 'n Splinter nuwe opleidings kurrikulum!!!!!!!!!!!!!!

Wees gewaarsku dat ons Boervolk besig is om agter te bly in ons gerieflike vreedsame gemaksone as ons niks doen om ons oorlewingstegnieke op te skerp nie.  Ons doelwit is ook om vir ons Boervolk hul kulturele trots, selfvertroue en dissipline te leer sooswat die weermag nou sê hul met die swart jeugdiges wil doen. 
Word wakker en raak NOU betrokke by ons kursusse vir u eie veiligheid en beskerming van uself, u familie en u besittings teen enige aanslag wat teen ons Boervolk geloods word.
Die kursus fokus groep is Lede van die WBW, maar u kan ook as lid registreer tydens die kamp.  Voltooi u kursus registrasievorm en bring saam met kursusgeld na die kursus.  KOM KAMP SAAM EN RAAK DEEL VAN JOU BOERVOLK WAT EEN GROOT FAMILIE IS.  



Monday, 5 March 2012

Kursus: Werwing Vaardighede - 14 Maart 2012, 17:30 vir 18:00 te Hartbeespoort

Om met mense te kan kommunikeer en oor die weg te kan kom verg baie geduld en spesiale vaardighede.  In die veld waarin ons graag lede wil werf kry ons te doene met baie negatiwiteit, moeilike persoonlikhede en met owerhede wat bang is ons doen iets wat buite die wet is wat meer skade as goed gaan doen aan die samelewing.
Om ons Organisasie suksesvol te kan bemark moet ons dus die volgende weet:
  • wat die verskillende tipes werwing aksies is,
  • watter voorbereidings vir 'n werwing aksie getref moet word,
  • hoe om vrese vir werwing te voorkom en te oorkom,
  • diversiteit omtrent persoonlikhede,
  • hoe om suksesvol te kommunikeer,
  • hoe om probleemgevalle reg te bestuur en
  • hoe om die administrasie volgens vereistes te doen
Ons eerste Werwing Vaardighede kursus word gehou te Hartbeespoort, op 14 Maart 2012, om 17:30 vir 18:00.  tydens hierdie kursus sal gekonsentreer word op teorie en die praktiese uitvoering daarvan sal daarna geassesseer word deur 'n gekwalifiseerde Fasiliteerder en Assessor.
Indien jy sou belang stel om die kursus in Hartbeespoort by te woon, voltooi asb die kursus registrasievorm op die Vorms bladsy en stuur dit voor 10 Maart 2012 na:  wbw.20120214@gmail.com

Rig asb navrae om dieselfde kursus in jou gebied aan te bied:  wbw.20120214@gmail.com

Duik Kursus


Een van ons Fasiliteerders het onlangs gekwalifiseer as duik instrukteur.  Hy het die kursus tot op Meestersvlak suksesvol voltooi. 

Hierdie kursus is nou 'n toevoeging tot die kursusse wat deur ons Opleidings Akademie aangebied kan word.  Kyk na meer foto's op ons Kursus:  Duik bladsy.

Navrae kan gestuur word na:  wbw.20120214@gmail.com

Basiese Kursus: 09 - 11 Maart 2012

Hierdie 3 dag kursus bied basiese opleiding vir geregistreerde lede en voornemende lede.  Ons gaan leer omtrent kamp uitleg, kamp kamoflering, dril, fiksheid, selfverdediging, sterrekennis, nood rugsakke en huis penetrasie.
Persone wie oor paintball gewere beskik word gevra om dit ook asb saam te bring, sodat die basiese beginsels van vuurwapen dissipline en baan reëls geleer kan word.
Kamp saam en bring jou kreatiewe idees vir boskos en boererate saam en kom deel dit met almal op die kamp.  Dit beloof om baie insiggewend te wees.
Sien asb die kamp registrasie vorm op ons vorm bladsy.  Voltooi en stuur per e-pos nie later as Woensdag, 7 Maart 2012 terug na die volgende e-pos adres:  wbw.20120214@gmail.com.

Die volle program met die unit standard inligting wat behandel gaan word tydens die kursus is ook beskikbaar op aanvraag aan lede wie geregistreer het vir die kamp van bg e-pos adres.

SIEN JOU DAAR!!