Showing posts with label Mediaverklaring. Show all posts
Showing posts with label Mediaverklaring. Show all posts

Wednesday, 2 May 2012

Media Verklaring - Negatiewe Simboliek


Ware Boere Weerstandsbeweging
Media Verklaring
2 Mei 2012 te Pretoria
Na afloop van ’n baie suksesvolle Vierkleur optog en Parade te Middelburg op die 27ste April 2012, het dit onder die aandag van die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW) Opperraad gekom dat daar vrae by lede van die Publiek ontstaan het oor sekere van ons simbole en  kentekens.
Die kentekens wat deur die WBW vertoon word, is naamlik die Kop van ’n Leeu en ’n Dubbel Blits.
Die Leeukop: is verteenwoordigend van God Drie-Enig die Leier van die Ware Boere Weerstandsbeweging en word vervat in  “Openbaring 5:5 Die Leeu van Juda wat die mag het om die sewe seëls oop te maak”.

In Openbaring 5 sien ons dat niemand die wêreld van die sonde kan verlos nie. Slegs die Leeu kan verseker dat mense gelukkig lewe. Die Leeu wat ook terseldertyd die Lam was is Jesus Christus, die Seun van God. Hierdie Leeu beskik oor al die mag, krag en majesteit en moes geslag word soos 'n lam om die mensdom van sy sonde te bevry. Die Leeu van Juda het oorwinning behaal deur Hom te onderwerp aan Sy Hemelse Vader. Die Leeu wat sterk is moes die wêreld red deur swak te word soos die mens. God, die Vader, se genadeplan met die sonde van die mensdom is dat Sy Seun, as die Leeu van Juda, soos 'n lam geslag moet word. Jesus Christus is die Enigste Een wat in staat is om die Vader se plan uit te voer. Om die mens se sonde te oorwin verg die krag van 'n Leeu, en Jesus doen dit ook met die offervaardigheid van 'n Lam. Ons as kinders van God ontvang hierdie genade sonder dat ons dit verdien.
Die Dubbel Blits: Is verteenwoordigend van ’n “Beskermings mag” en is gebruik as simbool om die Ware Boere Weerstansbeweging se Beskerming van die Boervolk te simboliseer.
Op 29April 2012 het die WBW Opperraad egter ’n ondersoek gelas aangaande enige negatiewe konnektasies in verband met die kentekens en Simbole.
Gedurende ’n WBW Opperraad vergadering op die 30ste April 2012 is dit eenparig besluit deur almal teenwoordig om die “Leeukop” as simbool te behou en weg te doen met die “Dubbel Blits” simbool  en te vervang met ‘n kenteken wat die Boervolk en sy erfenis verteenvoordig .  Die besluit sal onmiddellik van toepassing sal wees.
Die rede vir die vervanging van die Dubbel Blits deur die WBW Opperraad is die volgende:
-  Die Simbool het negatiewe konnektasies wat aanstoot mag gee.-  Die simbool is nie ’n ware Boere simbool nie.
-  Die simbool mag nie deur alle lede van die publiek reg verstaan word nie.
Deur die vervanging van die Dubbel Blits simbool wil die Ware Boere Weerstandsbeweging dit weereens duidelik maak aan die Boervolk van Suid-Afrika dat ons optree in belang Van die Volk, Deur  die Volk, onder leiding van God Drie-Enig. Verder wil die WBW ook die Boervolk verseker van hul ondersteuning en bereidwilligheid tot diensbaarheid vir die Boervolk.

UITGEREIK DEUR:  OPPERRAAD - WARE BOERE WEESTANDSBEWEGING
Te Pretoria op hierdie 2 de dag van Mei 2012.

Tuesday, 6 March 2012

Suidlanders Onttrek!

Suidlanders Ontrek!
29-02-2012

Hiermee kondig Suidlanders hul uittrede aan, uit die ‘Saamstaan-Verdrag’ (AWB, Kommando-Korps en Suidlanders) met onmiddellike effek.
Alle voorspoed word u toegewens vir die toekoms. Bestuur is dit eens dat daar geen rede of kommentaar hieroor verskaf sal word nie. Daar sal ook geen onderhoud in hierdie verband teenoor die media of enige iemand toegestaan word nie.

Suidlanders gaan hul volle gewig in die finale reëlings van `n burgerlike beskermings inisiatief ingooi! Ons tyd is min en moet alle tyd en aandag nou hierin belê word ten einde ons mandaat uit te voer!

Bestuur.

Ns: Hoewel ons geen rede of kommentaar vir hierdie stap gaan gee nie, wil ons dit stel, dat hierdie optrede geensins ons kommunikasie, vriendskap en koördinering ten bate van ons volk vanaf ons kant sal verander nie!

Mediaverklaring deur Kommandokorps: 2 Maart 2012

In die lig van die persberigte in die nasionale media die afgelope tyd oor die aktiwiteite van die Kommandokorps asook uitsprake deur myself gemaak, die volgende:
Die media poog om die aandag af te lei van die PLAASMOORDE ten einde die sogenaamde 'reënboognasie' nie in 'n slegte lig te stel nie.

Mense reageer op slegs 2% van uitstekende video's oor PLAASMOORDE op die Kommandokorps se webwerf.  In plaas daarvan dat ALMAL nou hul afkeer uitspreek teen PLAASMOORDE skiet almal omtrent korrinêre oor die grootte van die onderskeie breins en oor Hitler!!  DIT WAS NIE WAAROM DIE VIDEO's GEMAAK WAS NIE!

Hierdie kommunistiese ANC regering het nou al 17 jaar tyd gehad om hierdie PLAASMOORDE asook die misdaad oor die algemeen te stop.

Dit blyk dat die regering dit nie kan of wil stop nie.

Ten einde die wêreld se aandag hierop te vestig moes ek sekere sensasionele uitsprake maak.

Die aandag is nou gevestig.

Laat ons dit dan nou duidelik hier stel:

As 8,000 kaders van die ANC jeugliga AMPTELIK deur die STAAT met belastinggeld van die publiek opgelei kan word en niemand weet waarvoor, waarmee en met watter doel nie;  het die Kommandokorps en ander Boere-Afrikaner organisasies die reg om sy eie mense op te lei met fondse wat ons self genereer:

Hierdie opleiding het ten doel om algemene misdaad te bekamp asook om PLAASMOORDE te voorkom.  Ons gaan ons nie meer laat uitmoor soos wat die afgelope 17 jaar gebeur het sonder dat enigiemand iets daaromtrent doen nie.

Al ons opleiding is met die polisie en weermag uitgeklaar.

Behalwe vir die trap van die 'kettievlag', wat 'n anti-christelike simbool is, het ons geen ander wette oortree nie.

Hierdie kampe is NIE 'haatkampe soos wat die media dit etiketteer nie.  Ons het net ons eie lief.

Ek sê duidelik op beide video's dat ons nie mag haat nie - Dit is ook 'n algemene christelike beginsel.

Ons wil die Afrikaner-jeug leer om hul eie taal, kultuur, tradisies, geloof en JA ook hul eie RAS lief te hê.

Ons voel onsself nie deel van die sg. 'reënboognasie' nie - Ons beskou onsself as deel van die Boere-Afrikanervolk as 'n volk in eie reg.

Ten einde die jeug te leer wat ons uniek maak moet ons die kadette die verskille tov ander bevolkingsgroepe en RASSE leer.

Dit het nou tyd geword dat almal in hierdie land hul skynheiligheid oor RAS los.

RAS bestaan, RAS IS DAAR en RAS floreer.

Kolonel Jooste
Vanuit die Bos
02/03/2012

Monday, 27 February 2012

Persverklaring: 23 Februarie 2012

Op 23 Februarie 2012 is die eerste persverklaring uitgereik:

Mede Geloftevolksgenote en mede Christen Boervolk
As gevolg van talle navrae en korrespondensie wat die afgelope week die rondte doen is ons genoodsaak om die volgende te kommunikeer om sodoende verwarring uit te skakel.
Op 14 Februarie 2012 het ek, gewese Kolonel Tinus Gey van Pittius, AWB Gebieds Bevelvoerder van AWB Pta-Westelik & Bosveld , my totale offisiers mag in die gebied en talle lede , bedank uit die  AWB uit.
Ons kan ons nie meer vereenselwig met die werkswyse, die standpunte van die “nuwe AWB” nie, die “nuwe AWB” is ‘n totale afwyking van oorlede Leier, Eugene Terre’Blanche se oorspronklike beginsels en Grondwet.
Ek, my offisiere en lede het ons verbind tot ‘n ‘Herenigings verdrag’  vir die Gelofte volk van God, saam met die Geloftevolk Republikeine, wel onder die Vleuels van Mnr André Visagie, vorige Sekretaris-Generaal van die AWB,  Generaal Johan Potgieter, vorige onder leier en Kommandant Generaal van die AWB,  Genl Andries Terre’Blanche, vorige Gebieds Generaal  van Wes Transvaal en Broer van Oorlede Leier en  André Nienaber, vorige Gebieds Bevelvoerder  van die AWB van Middelburg.
Ons het besluit om die pad van die Gelofte volk te stap as deel van die herenigings verdrag, onder die naam “WARE BOERE WEERSTANDSBEWEGING” wat die beginsels en ideal van bymekaarmaak van die Blanke Christen Boervolk, die uitdra van ons bevrydings ideal is en die herstel van ons Boere-Republieke te bewerkstellig.  Dit was immers die begeerte en ideal van oorlede Leier, Eugene Terre’blance.
Die Geloftevolk was in die verlede, maar bly ook in die toekoms verbind met die Skepper van Hemel en Aarde, die God van Abraham, Isak en Jakob.
Ons wens alle ware en opregte boere bewegings en organisasies alle voorspoed en sukses toe op die pad van vryheid en selfbeskikking in die naam van GOD;  vir God, Volk en Vaderland.
“BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR HOORT”
Vir enige verdere navrae, inligting en deelname kontak ons gerus by : wbw.20120214@gmail.com
Geteken te Pretoria op 23 Februarie 2012.

Tinus Gey van Pittius
BEVELVOERENDE GENL
Ware Boere Weerstandsbeweging