Die gepreserveerde en verseëlde kospakkies kan vir 'n tydperke suksesvol gestoor word vir menslike gebruik. Geen elektrisiteit is nodig om die rys, vleis en groente te verhit nie, wat dit 'n ekonomiese, vinnige en baie vullende ete maak.
Dit was nie eers nodig vir store om hierdie voedsel in te stoor nie omdat die behoefte aan kos onder behoeftige gesinne in ons WBW provinsies so geweldig groot is.
Die eerste 5 ton kos was binne 2 dae uitgedeel aan mense, van wie sommige gesinne langer as 'n maand laas ordentlike kos in hul huise gehad het.
Ons het trane van blydskap en dankbaarheid sien vloei en God geloof vir Sy goedheid en genade en dat ons deel van so 'n gemeenskapsdiens kon word.