Showing posts with label Monumente. Show all posts
Showing posts with label Monumente. Show all posts

Thursday, 22 March 2012

Die Afrikaanse Taalmonument

Die Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893. Die Tweede Taalmonument is gebou op 'n heuwel bokant die Paarl in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Die monument is in 1975 voltooi om die halfeeu te gedenk van die amptelike erkenning van Afrikaans as 'n selfstandige taal afsonderlik van Nederlands. Die monument bestaan uit verskillende groter wordende strukture van 'n konvekse en konkawe aard, wat die invloede van verskillende ander tale en kulture, asook politieke ontwikkelings in Suid-Afrika, op Afrikaans simboliseer:
 








     Heldere Weste - die Europese oorsprong van die taal Magiese Afrika - Afrika-invloede op die taal Brug - tussen Europa en Afrika  Afrikaans – die taal self
    Republiek – uitgeroep in 1961
    Die Maleise taal en kultuur
Op 'n groot inskripsie by die ingang, is twee sitate van vooraanstaande digters/skrywers in die Afrikaanse taal gebeitel:
  • Afrikaans is die taal wat vir Wes-Europa en Afrika verbind... Dit vorm 'n brug tussen die groot helder Weste en die magiese Afrika... En wat daar groots aan hulle vereniging kan ontspruit – dit is miskien wat vir Afrikaans voorlê om te ontdek. Maar wat ons nooit moet vergeet nie, is dat hierdie verandering van land en landskap as't ware aan die nuwe wordende taal geslyp, geknee, gebrei het... En so het Afrikaans in staat geword om hierdie nuwe land uit te sê... Ons taak lê in die gebruik wat ons maak en sal maak van hierdie glansende werktuig... -- N.P. van Wyk Louw
  • As ons nou hier in die saal af 'n ry pale sou plant, tien pale, om die laaste tien jaar voor te stel, en aan elke paal 'n merk sou maak op 'n hoogte van die vloer af ooreenkomende met die betreklike skryfgebruik van Afrikaans in die respektiewe jaartal, en 'n streep deur die merke trek van die eerste af hier naby die vloer tot by die laaste daar anderkant teen die solder, dan sou die streep 'n snel stygende boog beskryf, nie net vinnig opgaande nie, maar opgaande na 'n vinnig vermeerderende rede. Laat ons nou in ons verbeelding die boog verleng vir die tien komende jare van nou af. Sien u menere waar die punt sal wees, daar buite in die bloue lug hoog oor Bloemfontein, in die jaar 1924. -- C.J. Langenhoven
Die sin "DIT IS ONS ERNS" staan op die pad na die monument. Dit is woorde wat beroemd geword het in die stryd om die erkenning van Afrikaans. Dit was eers net ’n Kaapse stryd, maar in April 1905 begin dit ook in die destydse Transvaal, toe Gustav Preller sy reeks artikels Laat 't Ons Toch Ernst Wezen in De Volkstem publiseer en met onverbiddelike logika al die argumente van die teenstanders ontsenu. Later sou dr. D.F. Malan dan ook uitroep: "Dit is ons Ernst!"
Die teks is beskikbaar onder die Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel lisensie. Dit is moontlik dat aanvullende voorwaardes van toepassing is. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. http://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaanse_Taalmonument

Paardekraal en Bloedrivier - 'n besondere verbintenis




Die Vryheid van die Voortrekkers na die oorwinning van die Zoeloes by die slag van Bloedrivier in 1838 was van korte duur, aangesien dit vervang was deur die vangnet van die Britse Imperialisme in Natal.

Die Voortrekkers wat altyd deur net vryheid gesoek het, het noodgedwonge Natal verlaat en in die Oranje Vrystaat en die Transvaal hul Boere Republieke tot stand gebring. Ook dit was van korte duur, toe die gulsige vergrypende magte van die imperialistiese Brittanje op die toneel verskyn, en dit op ‘n stadium toe die Trekkers reeds ‘n leefbare infrastruktuur in die wildernis geskep het.

Tydens die Sandrivier Verdrag van 1852 en die Bloemfontein Verdrag van 1854, wat plaasgevind het tussen die Twee Boere Republieke en die regering van Koningin Victoria, word die soewereiniteit van die twee state erken en die selfstandigheid van die Boere word eerbiedig.

In hierdie onstuimige tyd van die trek en veg vir vryheid, word die Gelofte van 1838 nooit feestelik herdenk nie. Slegs hier en daar is daar op ‘n klein skaal in klein kringe herdenkings gehou soos byvoorbeeld in Sarel Cillliers se eie huislike kring, waar die gelofte getrou herdenk is.

Op 12 April 1877 annekseer Shepstone en die Britse soldate sonder dat ‘n skoot gevuur is, Pretoria. Hulle haal die Vierkleur af en hys die Union Jack in die naam van Groot Britanje. Hierna begin ernstige spanning tussen die Boere en die Britte. Die Britte benodig die Boere se geld om hul kapitalistiese ideologie uit te voer en begin swaar belastings op die Boere hef.

Vroeg in Oktober 1880 bereik die spanning breekpunt toe ‘n boer van Potchefstroom, Mnr Piet Bezuidenhout gedagvaar word om agterstallige belasting te betaal en hy weier. Die balju lê beslag op sy ossewa, met die bedoeling om dit op die dorpsplein op te veil.

Onder leiding van Kommandant Piet Cronje gooi ‘n klompie boere die balju van die wa af en neem dit onder ‘n groot gejuig terug na Piet Bezuidenhout.

Die Britte was natuurlik nie met die toedrag van sake tevrede nie en hulle wou die “skuldiges” opsluit en verhoor.

Op hierdie tydstip het die Boere Driemanskap, naamlik Paul Kruger, MW Pretorius en Piet Joubert besluit dat die verset aksies nie meer genoeg is nie en hulle het ‘n dringende Boere Volksbyeenkoms belê om herstellende aksies te beplan. Die Volksbyeenkoms was gereël vir 8 Desember 1880, te Paardekraal.

Die volk het gehoor gegee en meer as 6000 gewapende man het by die klipkoppies op Paardekraal saamgetrek. Nadat die Volkskomitee van 32 saamgestel is, het hulle op 11 Desember ‘n proklamasie in die vorm van ‘n Gelofte opgestel.

Op 13 Desember 1880 het Adj. President Paul Kruger die Volk toegespreek om vas te stel of hulle eensgesind was en saamstem dat die Britte se juk afgeskud moes word. Na sy toespraak was die teenswoordige doodstil.

Paul Kruger het die klippe op die koppie waar hy gestaan het tot stil getuies van die “besluit van die volk” geroep. Hierna is krygswet aangekondig met die strydmag onder bevel van Kmdt Genl Piet Joubert.

Die volgende dag het elke burger ‘n klip (of twee) geneem en op die plek waar Paul Kruger gestaan het, ‘n stapel gepak. Martinus Ras het die vierkleur bo-op die klipstapel staan gemaak, hierdie klipstapel of altaar was ‘n teken van die (tweede) gelofte om met die hulp van God, die vryheid van die Zuid-Afrikaansche Republiek in ere te herstel.

Hierna het verskeie skermutselings en die twee bekende veldslae, naamlik die slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 en die slag van Majuba op 27 Februarie 1881 gevolg.

Groot Britanje het die aftog geblaas en die twee republieke was weer vry, tot en met 1899 toe die Volskaalse Anglo Boereoorlog uitgebreek het.

Op versoek van die Volksraad is die Paardekraal Monument op die koppie op Paardekraal opgerig en President Paul Kruger het dit op 16 Desember 1891 tydens‘n Gelofte en Verootmoedigingsfees onthul.

Hierdie dag was uiters gedenkwaardig aangesien dit die eerste Volksfees/Paardekraalfees was, waarop die Slag van Bloedrivier weer deur die boerevolk herdenk is.

Van hierdie dag af vorentoe het Paardekraal Monument ‘n dubbele betekenis gekry, naamlik ‘n besonderse verbintenis met die gelofte van 1838. Die stapel van 1880 is gehuisves in sy huis, soos die geskiedenis van 1880 to 1881 ook op die dag in sy ware perspektief aan die volk deur ‘n ware volksleier verkondig is.

Bloedrivier en Paardekraal het alby die Volk bymekaar gebring, trou aan mekaar laat sweer, maar belangrikste van al, die volk ook nader aan God gebring.

Daarom kan Bloedrivier en Paardekraal nooit weer geskei word nie. Op Paardekraal is die ideaal van die Voortrekkers verwesenlik, waar sy vinger wys, het die Volk homself en sy God gevind. Dit is die tradisie van Paardekraal, ‘n feesplek vir Boere Afrikaners wat hulle vereenselwig met die Gelofte van Bloedrivier en Paardekraal en die Feeste/Geloftes getrou onderhou.
Daarom hou ek nou die Gelofte aan u voor sodat ons, dit nooit mag vergeet en ook getrou sal onderhou.

gelofte.png
GELOFTE 1838My broeders en mede-landgenote, hier staan ons voor die Heilige God van hemel en van aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag, soos‘n sabat sal deurbring; en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en eer van die oorwinning aan Hom te gee.

SL Mann - 22 November 2008

Friday, 16 March 2012

Boere Kultuur-Historiese Erfenis: Voortrekker Monument

Boere Afrikana : Kultuur-Historiese Erfenis en Gedenkwaardighede van die
Boere van Suid Afrika

MEDIAVERKLARING                          VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING
VERKLARING AS NASIONALE ERFENISTERREIN
Pretoria, 29 Februarie 2012. Die onlangse aankondiging deur die Minister van Kuns en Kultuur dat die Voortrekkermonument Nasionale Erfenisterrein (Graad 1 –status) gaan kry, is ‘n proses waarmee die Monument al jare besig is. Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA), het volgens Wet 25 van 1999, op Vrydag, 8 Julie 2011 reeds in die Staatskoerant aangekondig dat die Monument as ‘n Nasionale Erfenisterrein verklaar is. Die oorsponklike aansoek is op 18 Julie 2006 deur die VTM ingedien.
Een van die moontlike voordele wat die verklaring tot Nasionale Erfenisterrein vir die VTM inhou, is dat die Voortrekkermonument nou met groter gesag by die Departement van Kuns en Kultuur kan aanklop vir ‘n vehoging in die staatsubsidie. Dit beteken nie dat die Monument nou ‘n staatsinstelling gaan wees nie. Hierdie verklaring is dus van toepassing op die bewaringstatus van die Monument en nie op die eienaarstatus nie. Die Monument word steeds privaat besit en is geregistreer as maatskappy sonder winsmotief.
Die Monument is verheug om as Nasionale Erfenisterrein verklaar te word, aangesien dit die eerste Afrikanermonument is wat sedert 1994 hierdie status ontvang, en omdat dit nou ‘n beskermde nasionale terrein is.   
 UITGEREIK DEUR:
SONJA LOMBARD
BESTURENDE DIREKTEURVOORTREKKERMONUMENTTel: 012 326 6770Faks: 012 326 8374E-pos: sonja@voortrekkermon.org.za

Die majestueuse Voortrekkermonument is in die noordelike deel van Suid-Afrika, in die Pretoria (Tshwane)-streek, in 'n natuurreservaat geleë. Dié unieke Monument gedenk die pioniersgeskiedenis van suidelike Afrika en die geskiedenis van die Afrikaner en is in 'n pragtige omgewing geleë. Dit is vandag die mees besoekte erfenisterrein van sy soort in Gauteng en een van die top tien kultuurhistoriese besienswaardighede in die land. 
GPS: 
X 28.10.552
Y -25.46.5810
X 28.10.33
Y -25.46.34
  •  Die noordelike hek van die Voortrekkermonument (Potgieterstraat) oop is vanaf 08:00 tot 16:00 elke dag. 
  • Die Afrikaanse Winkel in die Erfenissentrum het die volgende opwindende boeke en DVD’s/CD’s in die winkel op die terrein van die Voortrekker Monument te koop.
  • Die Afrikaner uitstalling vir hierdie en baie ander interessante Afrikaanse boeke.
Die audioboek: Drie reisigers, Johan Bakkes, Dana Snyman en Johan Badenhorst vertel. Twee lekkerluister CD’s: R140.00
Die Voetspore Kookboek: R175.00
Voetspore Reisjoernale: Gansbaai tot Gaboen: R235.00, Kilimanjaro tot Kairo: R200.00, Kaap tot Kilimanjaro: R200.00
Voetspore DVD’s: Soos reisjoernale hiebo plus Voetspore in die Sand: R230,00.
  • Die Voortrekkermonument Erfenisterrein is gesluit op 25 Desember. Slegs persone wat die Kersete bywoon sal toegang tot die terrein verkry.
  • Daar is verskeie fasiliteite teen billike pryse te huur by die Monument. Al die fasiliteite op die terrein is rolstoelvriendelik. Slegs gidshonde word op die terrein toegelaat.
Die Voortrekkermonument as 'n unieke Suid-Afrikaanse erfenisskat leen hom uitstekend tot eksklusiewe klassieke musiekuitvoerings en kooroptredes. Die Heldesaal met die historiese marmerfries kan tot en met 600 persone akkommodeer en is toegerus met 'n digitale Allen-orrel wat oor 22 registers beskik. Die akoestiek op die Heldesaal vergelyk baie goed met die van Europese katedrale en het 'n na-galm van 6 sekondes.

 Die tweede vlak in die Monument, bekend as die Senotaafsaal, kan tot en met 900 mense akkommodeer en is vanweë sy geestelike sensitiwiteit veral vir aktiwiteite van 'n meer stemmige aard geskik. Die Senotaafsaal kan ook vir geselekteerde kunsuitstallings aangewend word.
Die argitektuur en akoestiek van die Monument leen hom daartoe as 'n uitsonderlike plek waar troues gehou kan word.
Vir navrae en besprekings, kontak 012 326 6770 / hennie.coetzee@voortrekkermon.org.za 
TUIN VAN HERINNERING
Hierdie laaste rusplek word beskou as die mooiste en veiligste in Suid-Afrika.  Dis geleë - net wes van die Voortrekkermonument binne 'n geproklameerde Natuurreservaat en in 'n kultuurvriendelike omgewing.
Die nisse gebou in mure van klip rondom 'n visdam in tuinatmosfeer.  Dit word aangewend vir bewaring van as of ter herdenking aan 'n geliefde.  Dit kan dien vir een of twee gebruikers.  Die donkergrys granietsteen is ingesluit in die prys.  Graveerwerk is vir eie koste en word deur die Voortrekkermonument gereël.
Bemarkingsagent: Lidia Hendriks Tel: 082 564 4840 / 012-330 1496
Voortrekkermonument: Annatjie Erasmus Tel: 012-326 6770,
Faks 012-326 8374

Ossewaens vorm 'n prominente laer om die Voortrekkermonument.  Dit was die vervoermiddel van ons Boere voorouers.  Prof Eric Holm is verantwoordelik ook vir die restourering van ossewaens wat in die groot trek gebruik was en wat op die terrein besigtig kan word.


Ons Volksmoeders, die steunpilare aan die sy van Boerehelde en wakend oor hul kroos.  Ons eer jul en sien op na jul.  Mag ons in jul voetspore volg.

Kunstige verwerking van die Voortrekker Monument

http://en.wikipedia.org/wiki/Voortrekker_Monument