Showing posts with label Herenigingsverdrag. Show all posts
Showing posts with label Herenigingsverdrag. Show all posts

Friday, 9 March 2012

ANC sien rooi oor regse klag

ANC sien rooi oor regse klag
2012-02-25 20:42

Johannesburg – Die ANC het 'n poging deur die regse groep die Gelofte Volk om 'n klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma te lê, verwerp.
"Dit het mode geword vir onbekende en nie-verteenwoordigende regse organisasies... om aandag te probeer trek deur ons president en struggle-geskiedenis te gebruik," het Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, Saterdag gesê.
Die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg het Vrydag bevestig dat die regse beweging die Gelofte Volk en sy leier, Andre Visagie, 'n amptelike klag van haatspraak teen pres. Jacob Zuma ingedien het.
Die groep beweer Zuma het die struggle-lied met die woorde "skiet die boer" vroeër vanjaar tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein gesing.
Die groep het ook 'n klag teen die minister van polisie gelê omdat die polisie nie ingegryp het nie toe swart mense by die moordverhoor van die ontslape AWB-leier Eugene Terre'blanche plakkate omhoog gehou het met die woorde "Boere word gebleksem" (sic).
"Hulle klag, wat daarop gemik is om ons historiese erfenis as 'n euwel voor te hou en as bron van haat te projekteer, sal nie geïgnoreer word nie, want ons geskiedenis kan nie anders beskryf word of op 'n manier beskryf word wat dit aanvaarbaar maak vir diegene wat dit wil wegwens nie."
Mthembu het ontken dat Zuma die lied "Bubul' ibhunu" by die ANC se eeufees gesing het.
"Ons wil die feit weer stel dat president Zuma tydens die eeufees in Mangaung nie die lied gesing het wat deur die Gautengse hooggeregshof verban is nie."
Hy het gewaarsku teen die "polarisering" van die Suid-Afrikaanse samelewing wat die klagtes kan veroorsaak.
Gelofte Volk erken glo nie vir Jacob Zuma as president nie.

Monday, 27 February 2012

Herenigingsverdrag met die Geloftevolk Republikeine

GELOFTE VOLK VAN GOD “HERENIGINGSVERDRAG”
IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE ALMAGTIGE GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB, WORD HIERDIE OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN DIE GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE EN ANDER BEWEGINGS EN ORGANISASIES;-(Hierna “Bewegings en Organisasies” genoem)
GENOEMDE BEWEGINGS EN ORGANISASIES, SOOS PER AANHANGSEL 1-SLUIT HIERDIE VERDRAG (Hierna “Verdrag” genoem) OM ‘N BASIS/PLATFORM TE SKEP OM DIE IDEAAL VAN BYMEKAARMAAK VAN DIE BLANKE CHRISTEN BOERVOLK,DIE UITDRA VAN ONS VRYHEIDSIDEAAL,EN DIE HERSTEL VAN DIE BOERE-REPUBLIEKE TE PROBEER BEWERKSTELLIG.
  1. Die verdrag sal ‘n koördinerende raad vestig om alle aksies tussen die Bewegings en Organisasies wat deel is van hierde verdrag te koördineer;
  1. Elke Beweging en Organisasie sal sy eie identiteit behou en onhafhanklik funksioneer in terme van hul eie neergelegde Grondwet, Staande Prosedures en Reëls soos vervat in hul statuut van oprigting;
  1. Alhoewel elke Beweging en Organisasie wat deel vorm van hierdie verdrag onafhanklik funksioneer, sal elke Beweging en Organisasie die Grondwet en Beginsels van die Geloftevolk Republikeine nastreef en onderhou terwyl elke Beweging en Organisasie deel is van hierdie Verdrag.
  1. Die koörinerende raad sal hom be-ywer vir die:
4.1    Handhawing in die Wet van God soos opgeteken in Exodus 20:1-17 en die Ganse Heilige Skrif, DIE BYBEL (AOV 1933, Hersien 1953) as riglyn vir ons, om gelykvormig te word aan Sy Seun, Jesus Christus;
4.2   Daarstelling en handhawing van ‘n nasionale en internasionale kommunikasie stelsel;
4.3  Daarstelling en handhawing van ‘n nood-ontruimingsplan;
4.4  Daarstelling en handhawing van ‘n weerbaarheids opleidingsprogram binne elke beweging en organisasie;
4.5  Daarstelling, handhawing ,beskerming en bevordering van ons Christelike Opvoeding insluitende die waardes en norme soos vervat in die Woord van God;
4.6  Handhawing van die Blanke Christelike Boervolk se taal, kultuur en identiteit;
4.7  Bemagtiging van volkseie en volksgenote en die behoud van die Blanke Christelike Boervolk se regte en erfenis, en onsself te ag verbonde aan die Geloftes van Jan van Riebeeck, Bloedrivier en van Paardekraal, soos deur ons voorvaders afgelê is,
4.8   Beskerming van die Blanke Christelike Boervolk, in welke hoedanigheid of op welke wyse dit ookal mag geskied; en ons onsself voorberei teen die dreigende en toenemende aanslae op die lewens van ons Blanke Christelike Boervolk en ons volk se voortbestaan, sodat ons onsself kan verdedig in die Naam van ons God,
  1. Elke Beweging en Organisasie is deur ‘n  Blanke Christelike Boervolk uit ‘n Blanke Christelike Boervolk, gerig deur ‘n Bybels Gereformeerde lewens- en wêreldbeskouing tot ‘n lewenswyse van eer aan God. In diens van die Blanke Christelike Boervolk, dan Vaderland en ook die naaste as skepsel van God, soos deur die Woord van God voorbehou.
”Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort”.